’n Aangrypende grootwordverhaal oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. ’n Kragtoer van ’n boek wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Asem hoort op elke tiener se boekrak

Asem werkboek en Antwoordboek is nou beskikbaar.  ‘n Lekker dik werkboek met opsommings, illustrasies en verskillende tipes vrae. Uittreksel uit Asem Werkboek

Meer oor die verhaal:

Hy dagdroom gereeld oor die dag wanneer hy gaan wraak neem...

Dit is waarvoor hy die pakkie rottegif in sy tas bêre. Nie genoeg om sy pa dood te maak nie. Net genoeg om hom dae lank laat krul van die pyn. Maar 'n wilde partytjienag dompel Barries se lewe onverwags in chaos.

En skielik het hy geen keuse nie. As hy uit die tronk wil bly, moet hy ses weke lank op 'n plaas gaan bly, naby 'n kusdorpie in die middel van nêrens. By sy pa.

En so begin 'n reis van genesing wat hy sukkel-sukkel moet aandurf saam met die man wat hom die heel seerste gemaak het. 'n Reis van vry te word en weer te leer asemhaal.