More About Liefde Laat Jou Rice Krispies Anders Proe

Liefde laat jou Rice Krispies anders proe deur die jong Bloemfonteinse skrywer, Tania Brink, is 'n tipiese, skoolliefdesverhaal… met 'n verskil. Marzanne Odendal is 'n uitgesproke tiener: sy dink Shakespeare is pateties, die skoolheld, Armand is verwaand, om verlief te raak is malligheid en tydmors en die enigste werk waaroor 'n mens kan opgewonde raak is die joernalistiek. Haar vriendin, Nadia, glo presies die teenoorgestelde en wag in spanning dat die spreekwoordelike ridder haar na die Mei-dans sal vra. Die dans-atmosfeer is een van uiterste frustrasie vir Marzanne, veral toe anonieme liefdesgedigte per e-pos vir haar gestuur word. Sy vermoed natuurlik dadelik die stillerige Wikus, maar dan blyk dit 'n geweldige misverstand te wees.