More About Rymreise

Gedigte is woorde op papier, maar o, dit moet gehoor word! Octavio Paz, die Mexikaanse digter, het gesê 'n gedig probeer 'n oomblik "stol", dit vasvang en bewaar sodat ons dit later weer kan ervaar. 'n Gedig gebruik, volgens hom, nie sout of formalien of suiker of ys om daardie oomblik te bewaar nie; dit gebruik ritme, herhaling en klankpatrone om sodoende vorm en identiteit aan tyd te gee. En hoe raak 'n mens daarvan bewus? Deur 'n gedig hardop te lees of deur te luister hoe iemand dit voorlees.