Versjoernaal is ’n bundel Afrikaanse voorgeskrewe poësie vir graad 12-leerders (Huis- en Eerste Addisionele Taal). Die bundel bevat ’n versameling gedigte deur bekende Suid-Afrikaanse digters. Dit bevat klassieke en moderne gedigte wat tematies handel oor verhoudings, onderdrukking, protes, die natuur, verlange, die liefde, jonkwees en gedigte met ’n godsdienstige inslag.